Obaro samel doppies vir rolstoele in

09/01/2025News

Personeel van Obaro in Hartbeespoort het die afgelope tyd dié magdom plastiekdoppies ingesamel om aan behoeftiges rolstoele te skenk.

Die doppieprojek word deur Sweethearts Wheelchair Foundation bestuur en vir elke 500kg doppies, ontvang ‘n behoeftige persoon ‘n rolstoel. Die personeel wat die doppies ingesamel het is agter, Windy Moneymoratho, Thuli Shikakhane, Danie Kloppers, Nomsa Shokane, Happiness Makgoathane, Quinton van Eeden, in die middel, JP Welman, Marietjie Griezzel, Jan Molomo, Michael Sefuru, en voor, Irene Mohale, Rein Shields, Hannahli van den Berg, Tebogo Thoala en Franco Duvenage.