PV3 Oord Feesjaar Kermis

24/04/2025News

Die Oord PV3 Sorgsentrum vir Volwassenes met intellektuele uitdagings hou op 3 Mei 2025 hul 45ste Feesjaar Kermis.

Tanya V tree by die Feesjaar Kermis op.

Dié fondsinsamelingsprojek beloof om groot pret vir die hele gesin te wees.
Bekende kunstenaars soos Ruan Tennant, Tanya V en Jan Matthys sal tydens die kermis feesgangers vermaak en daar kan uitgesien word na verskeie aktiwiteite en groot pret.
Kom en geniet ‘n verskeidenheid kosstalletjies, ‘n plaasstal en tuisnywerheid met vars groente en tuisgebakte produkte en talle ander stalletjies met allerlei produkte.
Die hele gesin kan ook uitsien na speletjies en vermaak.
Die hekke maak om 09:00 oop en die feesvieringe duur tot 14:00. Uitstallers wat belangstel in ‘n stalletjie, kan Rina by 071 110 6907 kontak.
Vir meer inligting besoek Die Oord PV3 se webwerf oordpv3.co.za of Facebook-blad.
Kontak 012 253 0750.