Rietfontein-inwoners werk saam om misdaad te bekamp

03/10/2024News

Na die onlangse aanvalle en toenemende misdaad in Rietfontein in Hartbeespoort, staan die gemeenskap, onder leiding van Plotwag en ander rolspelers nou saam om misdaad in die gebied te bekamp.

Die Rietfontein-gemeenskap en rolspelers het verlede naweek met ‘n misdaadbekampingsaksie begin.

“Plotwag-patrollielede, gemeenskapslede, AfriForum, PWV Sekuriteit en die GPF se Community in Blue van Sunway en Ten Rooms het verlede week vergader en ‘n aksieplan vir ‘n voetpatrollie die afgelope naweek te bespreek. Al die gewapende huisrowe en aanvalle het binne ‘n radius van 600m gebeur en die patrollie was spesifiek in dié gebied gehou,” het Harro Rust, voorsitter van Plotwag gesê.
Die patrollie is deur AfriForum se lugvleuel bygestaan.
“Ons het ook ‘n nuwe Buurman-radiogroep bekend gestel waar bure binne ‘n radius van een kilometer in verbinding is.” Volgens Rust is verskeie moontlike ‘lêplekke” van verdagtes gevind. “Die Toekomsvonk-nedersetting het gesorg vir eet- en drinkgoed vir die patrolleerders. Ons sê baie dankie. Ons beplan nou om die breër gemeenskap betrokke te kry. Dit sluit inwoners vanaf die ou inry tot Sunway in.”
Kontak Rust by 082 775 6466.