Steelwings skenk yskas

09/02/2024News

Toe Kenny en Ria King van Rietfontein onlangs deur moeilike tye oorval is het die Hartbeespoort Steelwings Motorfietsklub uitgereik om te kyk hoe hulle kan help. Die Steelwings het Dinsdag by die Schoemansville Oewerklub ‘n splinternuwe yskas aan die paartjie oorhandig. “Ons is oorweldig! Ons is so baie dankbaar,” het tannie Ria met trane in haar oë gesê.
“Ons help graag waar ons kan,” het Ben Voster (President van Hartbeespoort Steelwings) gesê. “Die beeld van motorfietsryers is soms bietjie verwronge. Ons wil graag ‘n verskil maak!”
Van links is Chris Hoeksema, Spikkels Brittz (Visie-president) Theo Brittz, Anita Brittz, Dalene Van Velze, Ampie Viljoen (Padkaptein), Ben Vorster (President) en Rassie van der Merwe (President Rustenburg).