Wen ‘n kar by The Islands Superspar
Moenie The Islands Superspar se pretdag dié komende Saterdag, 23 Maart, misloop nie. Met hope pryse wat gewen kan word, is alle oë op die blinkrooi Hyundai i10 en ‘n sleepwa gerig wat twee gelukkige klante gaan wen.
Oor die afgelope maande kon klante wat R500 en meer spandeer het, vir die Wen-‘n-kar-kompetisie inskryf. Die gelukkige wenner van die rooi vuurwa, en ‘n wenner vir ‘n sleepwa sal Saterdag tydens die pretdag met ‘n trekking aangewys word.
Die gemeenskap word genooi om Saterdag by The Islands Superspar te kom kuier en ‘n kans te staan om geskenkpakke en vele meer te wen. En daar is genoeg aktiwiteite om oud en jonk besig te hou.
Nog voertuie word later vanjaar op 31 Augustus en 14 Desember weggegee. So, kom laai jou trollie solank. As jy nie Saterdag wen nie, is dit dalk met die volgende twee datums jou beurt.