Wenfoto!
Harties Fotografieklub het pas hulle 10de jaareinde fotografiekompetisie aangebied. Die standaard van foto’s was uitstekend en die beoordelaars het kop gekrap voor die wenner gekies kon word. Marita Coetzee se inskrywing “Acro Girls” is die algehele wenner van die kompetisie. Christa Koekemoer was aangekondig as Harties Fotografieklub se Fotograaf van die Jaar vir 2024 en Mieke Postma is aangewys as die Opkomende Fotograaf van die jaar.
Die Harties fotografieklub poog om mense met ‘n passie vir fotografie bymekaar te bring, nuwe tegnieke te leer en konstruktiewe terugvoer oor hulle foto’s te kry.
Belangstellendes wat by die fotografieklub wil aansluit kan vir Christa 082 820 5280 skakel of epos na hfsgroep@gmail.com