Moenie Meerhofskool se Kersliggiefees misloop nie

27/11/2025News

Meerhofskool se Kersligvertoning skop Maandag, 1 Desember af.
Die skool se perseel sal in feestelike liggies getooi word wat tot 7 Desember saans deur die gemeenskap besigtig kan word. Die toegangsfooi is ‘n nie-bederfbare voedselitem. Kom smul saam aan iets lekkers by die snoepie, of bring jou eie piekniekmandjie saam en ontspan in die feestelike atmosfeer van Kersliggies.
Moenie dié spesiale geleentheid misloop nie.