Ons Winkel-kompetisie befonds beurse
Al ooit gewonder wat die Ons Winkels anders maak as gewone tweedehandse winkels? Die winkels se verkope befonds ondermeer studiefondse vir studente wat dit andersins nie sou kon bekostig nie.

Die wenners van die kompetisie is Hannelie De Villiers, Karen Van den Berg, Gerda Mecchi, Connie Venter en Suzette Conradie.
“Een van die groot hoogtepunte van 2025 was die stigting van twee nuwe studiefondse. Deur die winkels se verkope, en die onlangse Ons Winkel – bou ‘n toekoms-kompetisie-inkomste, kon R240 000 ingesamel word vir Solidariteit Helpende hand se Studietrust,” sê Nadia van der Merwe van Helpende Hand.
Vir die onlangse kompetisie, kon Hartbeespoort-inwoners hulself uitdos met ‘n Ons Winkel-uitrusting en ‘n foto in die winkel laat neem teen ‘n R50-inskrywingsfooi. Die inskrywingsgeld is vir die studiefondse gebruik. Wenners van die verkillende katagorieë het ook pryse ontvang.
“Dankie aan almal wat deelgeneem het om studente te help. Dankie vir elke skenker en koper by die Ons Winkels. Saam maak ons ‘n verskil”








