Blinklywe by die Dam 16 Mei 2024

16/05/2024Sport

Morne van Wyngaard met ‘n 10kg karp.

Baie hengelaars wat tyd spandeer langs die oewers van Hartbeespoortdam is op soek na daardie groot karp wat die aas moet vat. Die vis het die afgelope week glad nie teleurgestel nie en pragtige karp is gedurende die week gevang.
Lisa Kloppers land ‘n 9kg karp vanaf Meerhofoewer. Barnard Venter hengel vanaf die boot en land ‘n karp van 14kg wat met Sada loodkoppe gelok is. Morne van Wyngaard hengel by Meerhofoewer en trek ‘n karp van 10kg uit. Jando Badenhorst het by Roos Se Oord 11 karp gevang waarvan die swaarste 13.4kg geweeg het.
Tiger nuts wat gegeur word, was van die voorkeuraas wat gebruik is om vis te lok.
Hengelaars kan vangste by Hartbeespoortdam met ons deel deur foto’s aan Jan by 07 660 78956 te stuur. Deel ook gerus die keuse van aas wat gebruik word tydens u hengelsessie om ‘n mede-hengelaar ook ‘n kans te bied vir een van Hartbeespoort se monstersvangste.
Hengelgroete