Blinklywe by die Dam 25 Julie 24

25/07/2024News, Sport

Dit was weer ‘n goeie week vir hengel by Hartbeespoortdam, veral by Ifafi Aquatic Klub waar hengelaars groot karp geland het.

Nic Claassen met ‘n 10.2kg karp by Schoemansville Oewerklub.

Ifafi Senior Burgerklub het ook vir goeie vangste gesorg.
Nic Claasen hengel vanaf Schoemansville Oewerklub en land ‘n 10.2kg karp. Daar is ook vanaf ander oewers by Hartbeespoortdam groot karp uitgetrek.
Tiger nuts en boilies word as aas gebruik met Tjop Tjop, Mulberry, Heuning en piesang geursels. Hengelaars kan ook van Fish se Monster Mix gebruik maak om ‘n goeie voerplek te bou om vis te lok.
Stuur asb fotos van u vangste by Hartbeespoortdam aan Jan by 076 607 8956.
Hengelgroete