Clive uiteindelik ‘gevang’

02/05/2024Community

Lizelle en Clive Fischer is Vrydag getroud.

Bekende inwoner en sekuriteitstaatmaker in Hartbeespoort, Clive Fischer (45), is Vrydag met sy groot liefde, Lizelle (32) in die huwelik bevestig.
Clive, ‘n bekende sekuritietsoffisier by PWV Sekuriteit, wat tot dusver nog op ‘vrye voet’ was, se vriende was so bekommerd hy gaan nie by die troue uitkom nie, dat hulle hom in boeie van sy huis tot by die troue vergesel het!
“Dit was alles sommer net spot omdat ek nog nooit getroud was nie,” lag Clive.
Baie geluk Clive en Lizelle!