Dieregesondheid-maatskappy skenk hondekos vir behoeftige gesinne

11/04/2024News

‘n Dieregesondheidmaatskappy het dié week ‘n groot hoeveelheid troeteldierkos aan Helpende Hand, deel van Solidariteit, geskenk vir die troeteldiere van behoeftige gesinne in die Hartbeespoort-omgewing wat deur Helpende Hand ondersteun word. Janet Papenfus van Solidariteit se welsynswinkel, Ons Winkel, het die groot donasie van Armand Heijns van Vitaspec Animal Health ontvang. “Ons is verheug oor die skenking. Dit gaan ons behoeftige gesinne help om na hul dierekinders om te sien,” het Papenfus gesê.
Loer gerus in by die pragtige nuwe Ons Winkel by Damdoryn.