Egpaar wreed tydens plaasaanval aangerand
‘n Egpaar is Saterdag naby Brits in die vroeĆ« oggendure oorval, met ‘n vuurwapen aangehou en aangerand voor die aanvallers met hul besittings gevlug het.
Olga (60) en Petrus Ehlers (63) is kort na 01:00 in hul huis op ‘n plaas in Sanddrift oorval terwyl hulle geslaap het. Hulle seun, Petrus (25) sĆŖ vyf rowers het ‘n venster in die kombuis oopgekry en die deur se sleutels met iets gehaak.
“My ma is wakker gemaak deur ‘n man wat ‘n moersleutel bo haar kop gehou het. Sy het geskree en onder die komberse probeer wegkruip. Hy het haar gegryp en haar hande vasgebind. Sy en my pa was in verskillende kamers want sy het onlangs ‘n knievervanging gehad en slaap met ‘n raamwerk oor haar bene. Sy het vir die rowers gesĆŖ sy het ‘n groot operasie gehad en hulle het haar in die bed gelos. Hulle het haar geklap en gevra waar die kluis is. Een het ook ‘n strykyster gaan haal en by die muurprop ingeprop. Sy het gesĆŖ sy weet nie van ‘n kluis nie en daar is nie geld nie,” het Petrus Junior gesĆŖ. “Hulle het gedreig om haar te verkrag, maar het haar gelukkig toe gelos.”
Die rowers is hierna na waar Petrus senior geslaap het en hom wakker gemaak en ‘n flits in sy oĆ« geskyn. Hy is rondgeruk en so erg aangerand dat twee ribbes gebreek is. Hulle het sy hande en voete vasgebind.
“Hulle het aanhoudend gevra vir die kluis en geld. Al geld wat daar was, was R600 vir een van die werkers. Hulle het al die kaste uitgegooi en uiteindelik ‘n klein vuurwapenkluis ontdek. Hulle het my pa weer aangerand en gesĆŖ hy het gelieg en hom gedwing om die kluis oop te maak. Hulle het sy vuurwapen gevat en hom daarmee gedreig.”
Die rowers was sowat ‘n uur in die huis voor hulle met juwele, skootrekenaars, musiekinstrumente, klere en ander items gevlug het. “Hulle het eers al die ligte afgeskakel voor hulle weg is.”
Olga, wie se voete nie vasgebind was nie, kon daarin slaag om by haar man uit te kom. Sy kon ‘n skĆŖr vind en hul albei lossny. Hulle het vir hulp op die noodradio gevra.
Lede van die Krokodil-gemeenskapsbeskermingsgroep (KGBG) was vinnig op die toneel en het die polisie ontbied. “Ons het die spore vir vier ure gevolg tot waar hulle deur ‘n voertuig opgelaai is,” het Janus Fourie van die KGBG gesĆŖ.
Die egpaar is na ‘n hospitaal vervoer waar hul beserings behandel is. “Ons wil die gemeenskap bedank vir hul vinnige optrede, hulp en bystand. Ons waardeer dit baie,” het Petrus gesĆŖ. Brits polisie ondersoek die plaasaanval en enigiemand met inligting kan sers Mpho Matome by 082 372 9823 kontak.