Herfsmark is hier!

24/04/2025News

Die gewilde jaarlikse Herfsmark van die Gereformeerde Kerk, Hartbeespoort het Woensdag, 23 April 2025 afgeskop en dit beloof om weer ‘n wenner te wees.


Herfsmark duur tot 3 Mei op die terrein van die Gereformeerde Kerk, in Maraisstraat, Schoemansville. Soos gewoonlik kan inwoners uitsien na uitstallings van gehalte produkte en die smullekker eetgoed waarvoor die mark so bekend is. Hartbeespoort-inwoners kan hulle gereed maak vir ‘n week van inkopies en kuier. Dié mark bied jaarliks aan mense die geleentheid om hul uitsonderlike produkte te vertoon en te verkoop. Stalletjies bied vanjaar uitstallings van handwerk en kuns, juwele, klere, dekor, meubels, varsgebak, vleis en nog baie meer.
En vir die kinders is daar ‘n prettige kindertuin en “sand art” handwerk waarmee hul hul kan besig hou, wat hul ouers die geleentheid gee om rustig inkopies te doen. Net soos vorige jare is die mark se slaghuis ‘n hoogtepunt.
Afgesien van die heerlike eetgoed wat gedurende die dag in die teetuin geniet kan word, is daar ‘n vasgestelde spyskaart vir aandetes. Kom geniet ‘n heerlike aandete by die mark of kry net ‘n wegneemete.
Die groot bonus vanjaar is dat die bekende en geliefde Afrikaanse skrywer, Dana Snyman, by die mark sal wees om praatjies oor ‘Skryf as heling’ te lewer. Moenie hierdie besondere geleentheid misloop nie.
Die mark is is elke dag oop vanaf 09:00 – 19:00, maar gesluit op Sondae.
Vir meer inligting oor stalletjies & kos wat beskikbaar is besoek gerus die Facebook-blad, Hartbeespoort Herfsmark.