Troue-ekspo by Skemerberg

‘n Troue-ekspo word op 7 en 8 November by Skemerberg Venue aangebied. Die is ‘n inspirasiefees vir voornemende bruide en almal wat ’n stylvolle geleentheid wil beplan.
Die organiseerders van Skemerberg se gewilde jaarlikse Zakiti-fees sê hulle is verheug om met hierdie ekspo ’n nuwe hoofstuk vir die venue oop te maak. Besoekers kan uitsien na twee dae van styl, inspirasie en heerlike kuier – van pragtige dekor- en interaktiewe uitstallings tot plaaslike diensverskaffers wat hul kreatiewe idees vir troues, partytjies en ander spesiale funksies uitstal.
Vrydag se hoogtepunt is die ‘Bottomless Wine Networking’ van 16:00 tot 18:00, waar gaste met ’n glasie wyn in die hand nuwe kontakte kan maak. Saterdag begin rustig met die ‘Bottomless Coffee Mingle’ van 10:00 tot 12:00 – perfek vir dié wat hul oggend met geurige koffie en gesprekke wil afskop.
Toegang is R50 per persoon op Vrydag, R60 op Saterdag, of R85 vir beide dae. Groepe van vier of meer kry 10% afslag.
Uitstallers sluit onder meer fotograwe, bakkers, klere- en dekorontwerpers en vermaaklikheidskunstenaars in — almal gereed om besoekers te inspireer met hul werk.
Die ekspo vind plaas by Skemerberg Venue, Plot 291, Rietfontein, Hartbeespoort.
Vir navrae, kontak 076 940 2707 / 082 258 0970 of stuur ’n e-pos na events@skemerberg.co.za








