14 Junie is Wêreldbloedskenkersdag
14 Junie is Wêreldbloedskenkersdag en Afriforum Hartbeespoort kort jóú hulp om soveel eenhede bloed as moontlik vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens in te samel.
Afriforum se bloedskenuitdaging vind Vrydag, 14 Junie, vanaf 10:00 tot 17:00 by die bloedskenkertent by Sediba Plaza plaas.
Ondersteun dié uitdaging wat ‘n ander persoon se lewe kan red.
Skenkervereistes:
Skenkers moet tussen 16 en 75 jaar oud wees en ‘n minimum van 50kg weeg.
Jy is gesond
Jy het nie in die laaste 56 dae bloed geskenk nie
Jou bloeddruk laer as 180/100.
Jy beskou jou bloed as ‘veilig’ vir ander.
Besoek die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens webtuiste https://sanbs.org.za vir meer inligting.
Kontak Riaan vir meer inligting oor die Afriforum-uitdaging by 083 265 5220.