Bees, bedoel vir slagting maak amok in Brits
‘n Bees wat veronderstel was om vir ‘n tradisionele funksie in Brits geslag te word, het losgekom en vir meer as drie ure in ‘n Brits-woonbuurt amok gemaak.
Inwoners in ‘n deel van VoĆ«ltjiedorp het probeer om die dier aan te keer, maar moes uiteindelik ‘n veearts kry om die bees te peil.
“Die dier was bestem om geslag te word vir ‘n tradisionele funksie in VoĆ«ltjiedorp en het met die aflaaiproses ontsnap. Die arme ding het seker geweet wat wag. Die eienaars het die bees met stokke en ander voorwerpe probeer bykom, maar dit het telkens weggekom, tuine verwoes en paniekerig rondgehardloop. Drie ure later, na pogings om die bees te vang, het ‘n veearts die dier kom verdoof en met ‘n sleepwa verwyder. Die arme dier was erg getraumatiseer,” het ‘n inwoner vertel.
“Die bees is terug na die oorspronklike eienaar want dit vat glo twee weke voor die verdowingsmiddel uit die sisteem is. En dan sal die arme dier seker weer kom vir ‘n slagting. Dit is uiters ontstellend vir inwoners en ‘n groep van ons wil nou kyk of ons kan saamwerk om sulke aktiwiteite in ons omgewing te verhoed.”