Fotografieklub-wenner

18/09/2025News

Harties Fotografieklub het hul fotowenners vir September aangewys. Dié foto van Christa Koekemoer is as die senior wenfoto aangewys.
Die klub vier vanjaar hul 10de bestaansjaar. Die fotografieklub het in September 2014 hulle eerste fotobeoordeling gehad, en sedertdien het lede elke maand entoesiasties foto’s ingestuur vir beoordeling en kommentaar. Die foto’s word deur ‘n onafhanklike beoordelaar en volgens standaardreëls wat deur die PSSA (Photographic Society of South Africa) neergelê word beoordeel.
“Die doel van die fotografieklub is om ons lede te help om hulle fotografievaardighede te verbeter en ‘n gemeenskap van entoesiastiese fotograwe te bevorder wat hul passie vir fotografie met mekaar deel. Ons leer gedurig nuwe tegnieke, kry konstruktiewe terugvoer oor ons foto’s en kry blootstelling en erkenning vir ons werk van ‘n wyer gehoor. Fotograwe word in die klub bevorder volgens stergradering namate hulle foto’s beoordeel word,” sê voorsitter, Ben Koekemoer.
Die klub is by die PSSA ingelyf wat gereeld nasionale fotokompetisies aanbied.
Belangstellendes kan die fotografieklub kontak deur ‘n epos te stuur na hfsgroep@gmail.com. Kontak Ben by 083 268 9379.
Die volgende beoordelings vind op 7 Oktober 2025 plaas .