Moenie die Vleisfees mis nie!

25/09/2025News

Die jaarlikse PSG Insure & Pick ‘n Pay Vleisfees by Hoërskool Hartbeespoort vind dié Saterdag, 27 September, plaas.

Peet Marinus en Eben Ras is reg vir die Vleisfees.

Moet dit nie misloop nie. Die gemeenskap word uitgenooi om saam te kom kuier by die Vleisfees wat ‘n dag vol smake, musiek en pret beloof!
Maak gereed vir die reuk van smullekker geroosterde vleis, die klanke van topkunstenaars en vermaak vir die hele gesin wag! Of jy nou ‘n braailiefhebber, musiekentoesias of net na ‘n lekker kuier op soek is – dié vleisfees is vir jou!
Wat om te verwag:
– Verskeie potjiekosse, eksotiese vleisgeregte, braaivleise en bykosse.
– Optredes deur Droomsindroom (15:30), Nicholis Louw (19:30) en Evert Swart (14:00 en 20:30)
– “Live Stream” Rugby (Springbokke vs Argentinië)
Pret vir die kinders – Springkastele, “Mechanical Bull”, “Ice Rink”
Stalletjies met lekkergoed, biltong en droëwors. En natuurlik heerlike koffie.
Die fees vind op die Hoërskool Hartbeespoort se rugbyveld plaas. Toegang is R195 vir volwassenes, R155 vir hoërskoolleerders, R115 vir laerskoolleerders en gratis vir kinders onder 6.
Veilige parkering teen R50 is beskikbaar. Bring jou kampstoel, eetgerei, koelerboks, jou gesin en vriende saam!